Sagte druppels plons
teen die venster en drup af waar dit ‘'n sagte landing vind op die groot, groen
blare onder die vensterbank.
Die reën laat my altyd
verlang na drome wat nooit gerealiseer het nie en na daardie soen in die reën
met donderweer wat applous gee. Steeds na vyf jaar as die reën op die Vrystaat
neersak wonder ek oor die verskuilde waarskuwing in sy woorde, “Mari my ding,
jy sal sien die wêreld gaan nog aan ons behoort.”
Dis so vae begrip en
tog het dit die sterre in my oë laat dans en ‘'n glimlag om my mondhoeke laat
krul. Daar was altyd iets anders tussen ons, nie die gewone versmoor verlief
nie, eerder ‘'n dieper verstane van mekaar en die siel se werking.
Die reën ruk aan die
toe venster en my gedagtes gaan onwillekeurig terug na die dag.
My teekoppie staan
verlate op die duur Kiaathout tafel en hitte van die koppie lank vergete. Die
swaar reën hou iets onheilspellend, jy moes al by die huis gewees het. 7de Laan
se deuntjie klink op, maar my gedagtes is vêr weg. Ek bel weer jou selfoon wat
net lui en ek jou engelstem aan die ander kant op jou stemboodskap hoor. Ek los
‘'n snikkende fluistering wat net jy sal kan verstaan.
‘'n Koue rilling pak
my beet toe ek die straatligte sien aangaan, die stilte is ondraaglik. Ek loop
om vir my warmer aan te trek toe die deurklokkie my na die werklikheid terugruk.
Twee mans. Een boodskap.
Die lewe sal nooit
weer dieselfde wees sonder jou nie, jy het my laat verstaan wat werklike geluk
is, my vasgehou in die donker en my laat gaan as son buite roep. Sonder jou is
die lewe niks werd nie, ek het probeer, maar ‘'n dop van ‘'n lewe het oorgebly na
jy uit my skildery geruk is.
Die tou voel grof teen
my keel waar ek alleen in my kamer staan. Toe vat die reën my, weg van pyn...
na jou toe.
No comments:
Post a Comment